Die derby-stryd tussen Welkom-Gimnasium en die Goudveld-Hoërskool het baie spanning en ook opwinding verskaf. In die eerstespan-rugbywedstryd het die Gimmies met ‘n eindtelling van 80 – 7 geseëvier. FOTO: Verskaf

Skare oorweldig deur talent op veld

Die derby-stryd tussen Welkom-Gimnasium en die Goudveld-Hoërskool het baie spanning en ook opwinding verskaf. In die eerstespan-rugbywedstryd het die Gimmies met ‘n eindtelling van 80 – 7 geseëvier. FOTO: Verskaf

Welkom-Gimnasium het die Goudveld-Hoërskool tydens die 2026 derby oorweldig en die eerstespan-rugbywedstryd met 80 – 7 gewen.

Meer as 6 000 toeskouers het op Gimnasium se sportgrond opgedaag.

Gimnasium het agt rugbywedstryde gewen en geen verloor nie. Twee wenne was as gevolg van onttrekkings.

Met die netbal het Gimnasium vyf wedstryde gewen, vier verloor en een gelykop gespeel.

Goudveld het met die hokkie geseëvier en vyf wedstryde gewen. Gimnasium het een gewen en een is gelykop gespeel.

Emile Mahlelebe, 'n oud leerder van Branbdwag Volkskool in Odendaalsrs, was een van die punte-makers van die dag.
Emile Mahlelebe, ‘n oud leerder van Branbdwag Volkskool in Odendaalsrs, was een van die punte-makers van die dag.

Die eerstespan-meisiehokkie is in Goudveld se guns met 1 – 0 gedraai, terwyl Gimnasium se eerstespan-seuns die stryd met 1 – 0 teen Goudveld gewen het.

Goudveld het die eerstespan-netbalwedstryd met 48 – 34 gewen.

Met die eerstespan-muurbal het die Gimnasium-span met 17 – 13 gewen.

Die Gimmies se geesvanggroep, Jakkals Vibes, het saam met die eerste rugbyspan uitgehardloop en daarna ‘n spesiale vertoning gelewer.

Gelyktydig met die derby, het verskeie reuniegroepe by Welkom-Gimnasium en die Goudveld-Hoërskool oor die naweek bymekaargekom.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article