Ryno Kirsten, Vista-advertensie-konsultant:
Ek het in Maart 1998 by Vista as grafiese ontwerper begin. ‘n Jaar later het ek die Huismark-blaaie (eiendomme ) oorgeneem en vandag is ek deel van Vista se verkoopspan.
In die afgelope 28 jaar het ons saam gelag en saam gehuil en ek kan ek met sekerheid sê hierdie mense is soos familie vir my.
Daar was spesiale tye, te veel om op te noem.
Ek wens Vista geluk met 55 jaar se stories en advertenties aan die gemeenskap van die Goudveld.
Baie dankie aan elke kliënt, wat in ons en ons produk glo.
Dankie aan die gemeenskap wat hierdie publikasie op hulle hande dra!





