Amanda-Louise Nel, Vista advertensie-konsultant met Chaneé le Roux, bestuurder van Golden City Coffee Bake.

Amanda-Louise Nel, Vista-advertensie-konsultant:

Die afgelope dertig jaar het ek ongelooflike mense ontmoet en dit is Vista se adverteerders.

‘n Paar herinneringe waaraan ek kan dink is die werk en wynproe op die walle van die Oranje Rivier in Upington, die afvlieg Kaap toe in 2022 om ‘n Media 24 Excellence Award te ontvang. Groot dankbaarheid teenoor my Skepper.

In Kuruman om ‘n nuwe kantoor te gaan help oopmaak het en Adam Tas en Elizma Theron wat vir my gesing het op my veertigste verjaardag. Om alles dus in kort saam te vat – al hierdie pragtige herinneringe sou nie sonder Vista se adverteerders moontlik gewees het nie. Dankie aan ‘n ieder en ‘n elk van julle – julle is baie spesiaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article