Vanessa Nelson, kantoorbestuurder: Novus Media Sentrale Streek:
My loopbaan het in 1990 by Noordelike Stem in Kroonstad as skakelbordoperatrise begin. In 1994 het ek by Vista aangesluit, destyds ons susterskoe-
rant, en vanjaar vier ek 35 jaar by die maatskappy.
Ek was televerteenwoordiger, skakelbordoperatrise en administratiewe klerk, en nou is ek kantoor- bestuurder. Om saam Vista se 55te verjaardag te vier is ‘n voorreg. My wens vir Vista is dat die koerant steeds van krag tot krag sal gaan en steeds ‘n welkome gas in jou huis sal wees. Ek koester die herinneringe saam met die span.
Die Vista-span pak groot projekte suksesvol aan en is vir ons uitnemendheid beloon.
‘n Hoogtepunt is die toekenning wat ek in 2025 vir uitnemendheid ontvang het.





