Met die Lejweleputswa-distrik-atletiekbyeenkoms wat op 28 Februarie in Bloemfontein gehou is, is Welkom-Gimnasium as algehele wenner uit 54 skole aangewys. Altesaam 11 atlete is onder die 50 top-atlete in die Vrystaat, en 79 medaljes is deur 65 atlete verower. Hulle spog met 36 goue, 21 silwer- en 22 bronsmedaljes.

Drie van die Goudveld-Hoërskool se atlete was in die top 50. Lynn-Mari Louw het in hamergooi (50,60m), diskusgooi (44,69m) en gewigstoot (12,34m) uitgestaan. Carli Taljard het in diskusgooi (38,05m) en Joanica Taljard in gewigstoot (10,72m) topplekke behaal. Rekords is opgestel deur Dohandré Janse van Rensburg (diskus – 47,82m), Michelle van der Westhuizen (100m-hekkies – 00:16.97) en Lynn-Mari Louw (gewigstoot – 12,34m; diskus – 44,69m; en hamergooi – 50,60m).

Die Hoërskool Riebeeckstad het vyf atlete in die top 50. Presteerders sluit in Lekaloba Mosoeu en Mamello Mokolutlo in o.17-seunshoogspring; Kgali Lepheane in die 2 000m-hindernis vir o.16-meisies; Olethabo Molelle in die 100m-hekkies vir o.14-seuns; Ithandile Njisane in die 3 000m- en 1 500m-hindernis; Mapule Mohale in die 5 000m-stap vir o.16-meisies; Sylvia Lesige in die 2 000m-hindernis vir o.16-meisies, Katleho Mokhothou in die 1 500m vir o.17-seuns en 2 000m-hindernis; en Bania Lulua in die 100m en 200m vir o.17’s.




You must be logged in to post a comment.