Ses atlete van die Goudveld-Hoërskool het medaljes verwerf op die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskapsbyeenkoms vir 2026.

Lynn-Mari Louw het drie goue medaljes gewen. Sy was eerste in gewigstoot (12,27 m) en diskusgooi (44,95 m), en tweede in hamergooi (45,86 m).

Carli Taljaard was vierde in diskusgooi. Haar persoonlike rekord is 38,05 m.

Britz Reinders was agtste in hamergooi, met 53,78 m. Sy persoonlike rekord is 56,76 m.

Dohandré Janse van Rensburg was agtste in diskusgooi, met 49,14 m.

Xandri Britz het as o.16-atleet in die o.17-afdeling meegeding en was 11de, met 39,38 m. Haar persoonlike rekord is 40,92 m.

Kaydene Keyser was 15de, met 33,84 m. Haar persoonlike rekord is 38 m.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article