Japie Claassens
Japie Claassens tydens die aanvang van sy moordverhoor. FOTO: NPA

Vioolsdrift-moordverhoor begin weer Maandag in hof in Springbok


SPRINGBOK – Die verhoor van Japie Claassens (61) van Vioolsdrift in die Noord-Kaap, wat tereg staan op twee aanklagte van moord en een vuurwapenklag, sal op 8 Junie weer ‘n aanvang in die Rondgaande Hooggeregshof in Springbok neem.

Claassens is ná ‘n voorval in die vroeë oggendure van 31 Oktober 2023 op sy kleinhoewe in hegtenis geneem. Hy word daarvan beskuldig dat hy twee vriende, Coenraad Edward de Beer (54) en James Kriel (56) – onderskeidelik van Knysna en die Overberg – by sy huis geskiet het. Albei het die volgende dag aan hul beserings in die Mediclinic Upington aan hul beserings beswyk.

LEES OOK: Vioolsdrift farmer denies double murder as trial begins in Springbok

Volgens staatsaanklaers was die twee slagoffers vriende van Claassens wat by sy huis oornag het terwyl hulle na ‘n vakansiebestemming op pad was. Albei is na bewering binne die beskuldigde se huis geskiet tydens wat die staat beweer ‘n voorbedagte aanval was.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Claassens het tydens die aanvang van sy verhoor die moordklagte teen hom ontken, maar het erken dat hy ‘n groot hoeveelheid ammunisie besit het – glo 247 Beretta-haelgeweerpatrone wat die wettige limiet van 200 rondtes oorskry.

Claassens is tans op borgtog. Hy is ná ‘n hofverskyning in November 2023 op borgtog van R5 000 vrygelaat.

LEES OOK: Northern Cape farmer apparently kills Knysna lawyer, fellow farmer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article