Despatch-langasem Bennie Thysse word Sondag “Comrades-mondig” wanneer hy aan sy 21ste ultra-marathon van Durban na Pietermaritzburg deelneem.
Groot opgewondenheid heers by die Despatch-netbalklub want sy bane gaan uiteindelik opgradeer word. Dié bane word gebruik al sedert 1980.
Erika, Leana, Christa en Susan van Despatch is die enigste susters in die geskiedenis van die sport wat vir een provinsie speel.
Groot, groter, grootste! Só kan die Bergsig Skool se vierde sportfees beskryf word. Moet dit nie mis op 27 en 28 Februarie nie.
Die Hoërskool Brandwag se kragoptelspan is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Skoolsportspan van die Jaar aangewys.
Daar blyk geen einde te wees aan Despatch broer en suster, Zachary en Zané Coetzer, se spiesgooirekords nie.
Despatch het stil-stil twee van Suid-Afrika se nuwe jukskei-sterre ryker geword. Hulle is Christa Hansen en Lowrence Moore.
Chantelle du Mont-Nell het haar loopbaan as kragopteller op ‘n hoë noot begin deur ‘n nuwe OP-meestersrekord in die hurksit op te stel.
Hy het nog vir ‘n strawwe 2026 voorberei toe gestremde liggaamsbouer Max Kulati homself skielik in die rol van afrigter bevind.