DESPATCH – Hanko Stander en Danie Fourie is gesamentlik as Despatch se Stoeier van die Jaar aangewys.
Fourie het vanjaar in Pretoria twee wรชreld-meesterstitels gewen toe hy in die Grieks-Romeins en vrystyl-afdeling as wenner uit die stryd getree het, terwyl Stander gekies is om Suid-Afrika in Desember by die Statebondkampioenskappe in Limpopo te verteenwoordig.
Omdat die kampioenskappe vanjaar in Suid-Afrika aangebied word, behoort dit as ekstra motivering vir Stander te dien om ‘n spogvertoning te lewer.

Despatch het oudergewoonte ‘n uiters suksesvolle jaar beleef en verskeie sterre is vir hul prestasies vereer.
Die klub het vanjaar sy grootste en sterkste meesterspan in die veld gestoot wat hul stempel by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe behoorlik afgedruk het.
Hulle is Eben Weitz, Norman Kilian, Emile Scholtz, Danie Fourie, Deon Schuin, Hansie Stroebel, Danie Els en Trevor White. Tiffany van Niekerk is vir haar spogprestasies vanjaar as die Beste Meisiestoeier van die Jaar aangewys. Sy lyk slaggereed om in 2027 nog sterker na vore te tree.
In ‘n gees van sportmanskap en bemoediging is die gewilde “Hardluck”-trofee vanjaar aan Wiehann Hooper toegeken. Hierdie prys gee erkenning aan ‘n stoeier wat ten spyte van ‘n uitdagende jaar in ‘n baie moeilike gewigsklas en talle naelskraapse nederlae steeds deursettingsvermoรซ en karakter getoon het.
Die trofee vir die stoeier met die minste punte teenoor hom aangeteken deur die loop van die hele jaar is aan Deon Schuin oorhandig vir sy indrukwekkende verdediging en tegniek op die mat.
Om stoeiers te inspireer om na selfs hoรซr hoogtes te streef, het die klub ook amptelik aangekondig dat nuwe erekleure en klubkleure ingestel is.






You must be logged in to post a comment.