baseball generic
Foto ter illustrasie.

Bofbalspeler van Kariega help SA om Afrika-titel te wen


KARIEGA – Ruaan Oliphant van die Hoรซr Tegniese Skool Daniel Pienaar was een van Suid-Afrika se groot uitblinkers wat die Afrika-titel vir o.15-bofbalspanne in Nairobi gewen het.

Hy het nie net deurgaans uitstekende kolfwerk gelewer nie, maar het ook op die gooiersplaat ‘n groot bydrae gelewer om die opposisie-kolwers in toom te hou.

Ruaan, wat vir die Red Sox-klub op Despatch speel, het groot lof van die OP se senior afrigter, Daniรซl Coetzer, ontvang.

“Ruaan is ‘n puik speler en ons is baie trots op sy vertoning in Nairobi. Hy is beslis iemand om dop te hou in die toekoms,” sรช hy.

Suid-Afrika het die toernooi onoorwonne afgesluit en daarmee gekwalifiseer vir die Wรชreldbeker-toernooi later vanjaar.

Ruaan Oliphant
Ruaan Oliphant met die trofee wat Suid-Afrika huis toe gebring het. Foto: Verskaf

Uganda, Suid-Soedan en Kenia is die ander lande wat saam met Suid-Afrika sake om kwalifikasie uitgespook het.

Suid-Afrika het egter van die openingsdag af die voortou geneem en deur puik verdediging, kragtige kolfwerk en ‘n ervare afrigtingspan onder leiding van die hoofafrigter, Paul van de Merwe, die hele toernooi voor gebly.

Op die laaste dag van die kompetisie het Suid-Afrika twee oortuigende oorwinnings behaal om die titel te verseรซl.

In die oggendwedstryd het hulle Uganda met 6โ€“0 geklop voordat hulle die toernooi afgesluit het met ‘n wegholsege van 20โ€“1 oor die gasheerland, Kenia.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article