Inwoners van Bonteheuwel het gemeen karkasse vanietermagog-gordelakkedisse is krokodille.
Inwoners van Bonteheuwel het gemeen karkasse vanietermagog-gordelakkedisse is krokodille.

‘Wees gerus, g’n krokodille in Bonteheuwel’


Inwoners van Bonteheuwel hoef nie te bekommerd te wees nie – daar loop nie krokodille in die strate nie.Dit is die boodskap van die plaaslike raadslid, Angus McKenzie, nadat hy vroeër vanoggend ingelig is dat “krokodille” by ‘n onwettige stortingsterrein in Bonteheuwel-laan gevind is.

Gordelakkedisse

By nadere ondersoek is gevind dat die beweerde krokodille karkasse van gordelakkedisse is. “Dis nie nodig om gragte om jul huise te bou om krokodille uit te hou nie,” spot McKenzie.

Volgens hom is die Stad Kaapstad se omgewingsbestuur-afdeling van die vonds in kennis gestel en sal hulle ‘n ondersoek van stapel stuur. “Die saak sal op daardie manier aandag geniet, maar intussen doen ek ‘n beroep op die gemeenskap om onwettige storting aan te meld,” sê hy.

READ ALSO: Rehabilitasie-fasiliteit vir voëls in Kaap soek nuwe heenkome

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article