Western Cape Premier Alan Winde
Western Cape Premier Alan Winde

Tygerberg Sakekamer hou spog-gala saam met Wes-Kaapse premier


Die Tygerberg Sakekamer hou in samewerking met die provinsiale regering op Donderdag 29 Oktober sy spog-galageleentheid van die jaar op die bekroonde Goedgeleven net buite Durbanville.

‘n Nuwe wynborg tree dié jaar aan: ELU van die bekroonde Hermanuspietersfontein-wynkelder. Spogwyne uit dié kelder sal saam met verskillende gange van die ete op die aand voorgesit word.

Plaaslike sakelui

Business Partners PTY LTD is weer die hoofborg, terwyl Goedgeleven en Checkers as gereelde borge ook dié jaar betrokke is.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, is die hoofspreker. Prominente sakelui uit die omgewing woon die geleentheid jaarliks by.

LEES OOK: Tygerberg Sakekamer se vroueoggend weer ‘n treffer

Kaartjies kos R850 per persoon en sluit ‘n uitstaande driegang-ete en wyn op die tafels in. Bespreek jou plek by Marina: admin@tygerbergbc.co.za.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article