Taxi-geweld broei nou al vir weke.

Skietery op R300 sluit pad tydelik vir oggendverkeer


Die voortslepende taxi-geweld in en om Kaapstad het vanoggend weer daartoe gelei dat verkeer op die R300-snelweg ontwrig is.

Oorlog

Verskeie mense is oor die laaste paar weke doodgeskiet en gewond in wat as ‘n “oorlog tussen strydende taxi-organisasies” beskryf word.

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het vanoggend bevestig dat wetstoepassers, nooddienste en die polisie op die toneel op die R300 is. “Ons staan die polisie by waar ons kan en bly op ‘n gereedheidsgrondslag. Patrollies is ook opgeskerp by vervoerwisselaars,” sê Smith.

Hy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om nie fopnuus rond te stuur nie.

Die Facebookblad WC Live Traffic het omstreeks 08:28 (29 Oktober) ‘n skermgreep van ‘n video geplaas van ‘n voertuig wat skuins in die pad staan, terwyl ander voertuie probeer om die toneel te vermy. Polisievoertuie kan gesien word waar hulle op die toneel staan.

LEES OOK: Two shooting incidents leave three dead in suspected taxi violence

Ten minste een dood

‘n Vrou het onder die plasing kommentaar gelewer en gesê haar huiswerker was vanoggend op ‘n taxi in daardie omgewing en het gesê minstens een mens is doodgeskiet.

TygerBurger het na die polisie uitgereik vir kommentaar, maar het teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.

Volg TygerBurger vir hierdie en ander taxi-verwante nuus.

LEES OOK: Several people dead in taxi-related shootings on the Cape Flats

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article