Leerders van die Laerskool Mikro in Kuilsrivier het onlangs Trinity-musiekeksamens gespeel en geslaag.
Lize Alberts (81%) en Charl Kingsley (77%) het klavier graad 2 geslaag. Leila Jordaan (91%), Tiffany Epnaar (89%), Ané Alberts (87%) en Lienke Nieuwoudt (87%) het almal klavier graad 1 geslaag.

Trinity College London is ‘n internasionale eksamenraad wat reeds in 1877 in Engeland gestig is. Die Trinity-musiekeksamens word in meer as 80 lande wêreldwyd gespeel.
LEES OOK: FOTO’S: Laerskool Mikro Elto Towers-sportdag in Kuilsrivier




You must be logged in to post a comment.