Die Laerskool Mikro in Kuilsrivier spog met ‘n splinternuwe astrohokkieveld. Die projek is met visie, waagmoed en ‘n spanpoging verwesenlik.
Atlete van verskeie laerskole het op Donderdag 5 Februarie aan die jaarlikse Prestige-atletiekbyeenkoms by die Laerskool Mikro in Kuilsrivier deelgeneem.
In die senior afdeling is AJ Weyers en Nicola Swift as onderskeidelik die victor en victrix ludorum aangewys. Lianéy Vermeulen en Neil Sadie was die beste junior atlete.
Twee leerders van die Laerskool Mikro se kunswerke is gekies om deel van Santam se aanlynkunsuitstalling volgende jaar te wees.
Die bloues, rooies en geles het mekaar die stryd aangesê by die Laerskool Mikro se interhuis-atletiekbyeenkoms die afgelope Saterdag. Die blouspan was bobaas op die baan en op die pawiljoen.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het toestemming verleen dat die Laerskool Mikro van volgende jaar af met een Engelse graad R-klas met maksimum 30 leerders kan begin.
Xia du Toit, ’n gr. 4-leerder aan die Laerskool Mikro, is Maandag as die wenner van die provinsiale onderwysdepartement se 2021-Storiester-kompetisie vir gr. 4-leerders aangekondig.