Hier staan Maximus Meerkat en Laerskool Bellville-Noord se o.8-span saam met die borge Ebenette van Wyk, Ronell Radyn en hul afrigter Jahno Geldenhuys.
Hier staan Maximus Meerkat en Laerskool Bellville-Noord se o.8-span saam met die borge Ebenette van Wyk, Ronell Radyn en hul afrigter Jahno Geldenhuys.

Laerskool Bellville-Noord het Saterdag 11 April hul eerste rugbydag vir juniorspanne aangebied, met vyf skole wat elk met o.7, o.8 en o.9-spanne deelgeneem het.

Die deelnemende skole was Bellville-Noord, De Tyger (Parow), Drakenstein (Paarl), Riebeeck-Kasteel en WA Joubert (Paarl). Al die spanne het in hul onderskeie ouderdomsgroepe teen mekaar meegeding.

Nuwe spelreëls

Die o.7- en o.8-spelers het vir die eerste keer “tag”-rugby volgens nuwe reëls gespeel, terwyl die o.9’s gewone rugby gespeel het met skrums en lynstane wat deur ‘n “tikkie” vervang is.

Hier is die o.7-span saam met hul afrigter, Jancke le Roux en Maximus Meerkat.

Die dag is deur Rawson Eiendomme Bellville Oakglen geborg – dieselfde maatskappy wat ook die skool se gewilde mini-krieketdag verlede kwartaal geborg het. Rugga Roots rugby-akademie het al die skeidsregters voorsien.

Ten spyte van dreigende weer het die reën lank genoeg weggebly vir al die wedstryde om voltooi te word. Die skool se ouervereniging het eetgoed verkoop, en die skool se gelukbringer, Maximus Meerkat, was ‘n groot treffer onder die kinders.

Jong rugbyspelers in aksie tydens Laerskool Bellville-Noord se eerste rugbydag. Vyf skole het met hul o.7-, o.8- en o.9-spanne aan die suksesvolle toernooi deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article