Wium van Zyl doen 'n voorlesing uit sy bundel.
Wium van Zyl doen ‘n voorlesing uit sy bundel.

Die digbundel Poëmie van die digter en vertaler Wium van Zyl word bespreek by ‘n byeenkoms van die Durbanville-Poësiekring op Woensdag 13 Mei by die Durbanville-biblioteek.

Rika du Plessis sal ‘n onderhoud met die digter doen.

Tweede bundel

Hierdie tweede pragbundel van Van Zyl is in 2025 deur Turksvy Publikasies gepubliseer.

Sy eerste digbundel, Oggendvuur, is in 1991 gepubliseer. Sy gedigte is onder meer opgeneem in Jan van Luxemburg se Over Literatuur, André P. Brink se Groot Verseboek, Ronel Foster en Louise Viljoen se Poskaarte, en Gerrit Komrij se Die Afrikaanse Poësie in 1001 gedigte.

Verhale van hom verskyn onder meer in G.A.Jooste seTaxi en A.H. de Vries se Uit die kontreie vandaan.

Gemoeid met vertaalwerk

Die 77-jarige Van Zyl het by die Universiteit van Wes-Kaapland afgetree as professor in Nederlandse letterkunde, en is steeds gemoeid met vertaalwerk uit Nederlands.

Hy is getroud met die akademikus, prof. Dorothea van Zyl.

Vereer vir bydrae

Hy is in 2011 deur die ATKV vereer vir sy lewenslange bydrae tot die bevordering van Afrikaans as skrywer, digter, akademikus, vertaler, bloemleser en begeleier van akademiese en skeppende skryfwerk.

Die Nederlands-Suid-Afrikaanse Vereniging in Amsterdam het in 2014 die Van Riebeeck-penning aan hom toegeken vir sy werk as brugbouer tussen Suid-Afrika en Nederland.

Die byeenkoms begin om 10:00 in die Durbanville-biblioteeksaal.

Besoekers is welkom teen R50 per persoon, ligte verversings ingesluit..

  • Kontak Lesley van der Vyver by teachervdv@gmail.com of 083 460 4571 oor besoekers of met verskonings.

LEES OOK: Bartman se digbundel met klankbane by Durbanville-poësiekring bespreek

Die voorblad van die digbundel Poëme deur Wium van Zyl
Die voorblad van die digbundel Poëme deur Wium van Zyl
Wium van Zyl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article