Tamim Alam van Grey-kollege in Bloemfontein is die 45ste wenner van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Novus Media se Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Die eindronde van die kompetisie, met prysgeld en beurse ter waarde van meer as R500 000, is op 5 en 6 Oktober by Monte Bello buite Bloemfontein gehou.
Die volgende foto’s van die glansgeleentheid, asook deur die loop van die eindronde, is deur Charl Devenish geneem.
Die finaliste in vanjaar se Matrikulant van die Jaar-kompetisie is van links Jana Ross (Hoërskool Hennenman), Nana Amoah (Hoërskool Bloemfontein), Inke Rademeyer (Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein), Lienka Stevens (Eunice High School, Bloemfontein), Kani Khoarane (Eunice High School, Bloemfontein), Francois Cilliers (Grey-kollege, Bloemfontein), Tamim Alam (Grey-kollege, Bloemfontein), Stephan Uys (Hoërskool Witteberg, Bethlehem), Emri van Zyl (Hoërskool Transvalia, Vanderbijlpark), Jenna du Plessis (Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein), Danelle Conradie (Hoërskool Hartswater), Sumari Eksteen (Hoërskool Witteberg, Bethlehem) en Gloria Nkosana (Lawson Brown High School, Gqeberha).Tamim Alam van Grey-kollege in Bloemfontein is die 25ste Matrikulant van die Jaar.
Jenna du Plessis van die Hoër Meisieskool Oranje is deur haar medefinaliste as die Absa-vonkelpersoonlikheid aangewys. Lorraine McAnda, streekbestuurder Besigheidsbank van Absa, het haar prys aan haar oorhandig. Verlede jaar se wenner van dié prys, Burgert van Heerden, staan by hulle.
Bertie Haasbroek, voorsitter van die Kovsie-Alumnitrust, saam met die wenner van die KAT se sportprys, Francois Cilliers. By hulle is verlede jaar se sportpryswenner, Marné Koen.
Vier vorige wenners het vanjaar die galadinee bygewoon. Van links is Josh Horak (2022), Jayden Leech (2024), Tamim Alam (2026), Kiara Subramanian (2025) en Niël van der Walt (2021).
Prof. Ylva Rodny-Gumede (regs), uitvoerende direkteur: ontwikkeling en belangegroepverhoudinge van die UV, was die gasspreker op die dinee. By haar is van links Jeannine van Zyl, Novus Media se hoof van premiumpublikasies en inhoud, en Nomonde Mbadi, direkteur: studentewerwing, UV.
Die organiseerders en vorige wenners is ook vanjaar vir een sessie by die beoordeling betrek. Van links is Niël van der Walt (2021), Jayden Leech (2024), Linda Greyling, organiseerder van UV Studentewerwingsdienste, Siska Martin, organiseerder, en Josh Horak (2022). Voor sit Jana Ross en Inke Rademeyer.
Absa help elke jaar die finaliste om bankrekeninge oop te maak. By Leoni Wessels, verhoudingsbestuurder: Absa Premium Besigheidsbank, is Emri van Zyl en Gloria Nkosana.
Die Kovsie Alumni-trust (KAT) is al baie jare betrokke by die kompetisie. Van links is, voor: Kathy Verwey (beoordelaar, KAT) en Esmé Aucamp (beoordelaar, KAT); agter: Jenna du Plessis en Sumari Eksteen.
Forvis Mazars is ’n borg en die amptelike ouditeur van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie. By Thinus de Vries staan Lienka Stevens.
Die UV en Novus Media bied saam die Matrikulant van die Jaar-kompetisie aan. Saam met Nomonde Mbadi (direkteur: studentewerwing, UV) is Francois Cilliers en Nana Amoah.
Novus Media is die mediaborg van die kompetisie. Van links is Kani Khoarane, Stephan Uys, Madré Marais (hoofsubredakteur, Novus Media Vrystaat en Noord-Kaap) en Anché de Bruin (verkoopskonsultant, Novus Media).
Elke finalis ontvang ’n mikrogolfoond van Pick n Pay Preller Walk. By John Pentz (Pick n Pay Preller Walk) is Danelle Conradie en Tamim Alam.
’n Paneel van ses beoordelaars, verteenwoordigers van die borge, voer gedurende die eindronde individuele onderhoude met die finaliste. Verder beoordeel hulle hulle ook op grond van ’n verskeidenheid groepaktiwiteite. Personeel van Forvis Mazars, die amptelike ouditeur en ook ’n borg, is jaarlikse deurgaans betrokke. Van links is, voor: Barbara Nel (onafhanklik), Madré Marais (Novus Media), Kathy Verwey (KAT) en Esmé Aucamp (KAT); agter: Thinus de Vries (Forvis Mazars), Rynhardt Smidt (UV) en Leoni Wessels (Absa).Die ouers van die finaliste het ook die eindronde en die galadinee van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein bygewoon. Van links is, voor: Henriëtte en Pieter Rademeyer, Yvonne en Joseph Kaderi, en Janet Ross en Mardelyn Claassens; middel: Teko Khoarane, Jeanette Uys, Werner en Michellé Conradie, Joyce en Christopher Amoah, en Perle en Lyndon du Plessis; agter: John en Christine Stevens, Mandie en Jaco Cilliers, Nico en Francien van Zyl, en Khorshed Alam en Tahmina Akter.Die wenner en finaliste van verlede jaar se kompetisie het as chaperones vir vanjaar se groep opgetree. Benewens saamkuier en speletjies speel tussendeur die beoordeling, kry die voorgenome Kovsies die geleentheid om meer uit te vind oor die studentelewe. Die chaperones is van links, voor: Kiara Subramanian (wenner 2025), Marné Koen, Jané de Villiers, Jenni Muller, Megan Johnson, Amoné Verwey, Samantha Mynhardt en Laura Andrade de Ponte; agter: Liam-Lloyd Doman, Burgert van Heerden, Christiaan Kotzé en Emile Dawson.
Dié drie finaliste was kamermaats tydens die eindronde by Monte Bello. Van links is Lienka Stevens, Sumari Eksteen en Nana Amoah.
Kani Khoarane, Jana Ross, Inke Rademeyer en Gloria Nkosana het ’n kamer gedeel.
Dié kamermaats is Emri van Zyl, Danelle Conradie en Jenna du Plessis.
Tamim Alam, Francois Cilliers en Stephan Uys het ’n kamer tydens die eindronde gedeel.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Functional
Always active
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes.The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.
You must be logged in to post a comment.