Die artikel “Hidden drain found at last” van 11 Mei verwys.

Dalk het lesers agtergekom dat sedert die Stad Kaapstad ’n nuwe burgemeester gekry het, dienslewering verbeter het.

Ek het op 4 April aangemeld dat ’n pad in ons woonbuurt in Kraaifontein aandag nodig het. Die voorman het my binne ure daar ontmoet en onderneem om aandag daaraan te skenk.

Boonop het hy my aangemoedig om dit gereeld op te volg met die verwysingsnommer. Binne drie weke was die pad herstel sonder dat ek dit moes opvolg.

My raad aan inwoners is om situasies aan te meld by die toepaslike owerhede, ’n verwysingsnommer te kry en op te volg.

Indien niemand iets aanmeld nie, sal hulle nie daarvan weet nie.

Die maklike alternatief is mos om in ons twaalfde amptelike taal te kla oor die betaling van belasting en geen dienslewering nie.

Die Engelse het ’n sêding: “If everybody waits for somebody, nobody will do it.”


Dawid Bonnie Brae

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article