Dit was 'n naelbytstryd in die meisies o.12-aflos. Mizané de Waal (blou) het eerste geëindig voor Nazleigh van Wyk (geel) en Abidail Nel (rooi). Foto: Carina Roux
Dit was ‘n naelbytstryd in die meisies o.12-aflos.

Die Laerskool Mikro het op Saterdag 24 Januarie sy jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms gehou.

In die senior afdeling is AJ Weyers en Nicola Swift as onderskeidelik die victor en victrix ludorum aangewys.

Lianéy Vermeulen en Neil Sadie was die beste junior atlete.

Die blou span (Langverwacht) was vanjaar Smurfs, die rooies (Saxenburg) Ninjas en die geel span (Zevenwacht) se tema was “Onder konstruksie”. Die geel span het die atletiek gewen.

Ava Roux (meisies o.8-80 m: 13.70), Lianéy Vermeulen (meisies o.9-100 m: 16.30), Godwin Theart (seuns o.11-80 m: 11.30) en AJ Weyers (seuns o.12, 75 m-hekkies: 12.70 en verspring: 4.82 m) het rekords verbeter.

Foto’s: Carina Roux

Gallery 1:

Gallery 2:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article