Dinamiese produksie by Baxter gee nuwe lewe aan Vivaldi se ‘Vier seisoene’

Vivaldi in Dance
Figure of 8 dansers Foto: Gys Loubser

Dinamiese produksie by Baxter gee nuwe lewe aan Vivaldi se ‘Vier seisoene’


Figure of 8 (FO8) Dance Theatre en die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees (SICMF) bied van Woensdag 28 tot Saterdag 31 Oktober Vivaldi in Dance in die Baxter Flipside-teater aan.

FO8 se dansers, die SICMF Camerata en Daniel Rowland, ‘n internasionaal bekende violis, span kragte saam om Vivaldi se “Vier Seisoene” soos verwerk deur Max Richter, uit te voer.

Daniel Rowland
Daniel Rowland

Rowland en FO8 het tydens die SICMF se 20ste viering in 2025 ontmoet. Musiek en dans is onder leiding van Nina Schumann se artistieke visie saamgevoeg om albei kunsvorme te laat uitblink.

Hierdie ontmoeting was die begin van ‘n besonderse samewerking, wat elke dissipline in sy volle reg erken.

LEES OOK: Popular Dracula ballet back on stage at Artscape for six shows end October

Breek skeidslyne

Vivaldi in Dance is ‘n meesleurende teaterproduk­sie, wat die wisselwerking tussen lewendige musiek en dans ondersoek.

Verskillende dinamiese ensembles en genres breek die tradisionele skeidslyne tussen die genres. Rowland én sy viool word as nog ‘n liggaam binne die choreografie gebruik.

Die produksie word onder leiding van Grant van Ster ‘n ervaring wat die tydlose energie van Vivaldi se musiek vier, maar dit terselfdertyd op ‘n vars en moderne wyse aanbied.

Kaartjies is by Webtickets te koop.

LEES OOK: Taste of Cape Town brings finest restaurants to Green Point in November

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article