Mense sien risiko en die bestuur van risiko uiteraard baie verskillend. Ons geaardhede verskil, ons karakters verskil en ons dink verskillend oor risiko.

Daar is dikwels ‘n fyn balans tussen risikobestuur en met risiko bestuur. Aan die een kant is dit belangrik om alle moontlike risiko’s te bestuur en skade te voorkom waar ‘n mens moontlik kan, aan die ander kant kry jy mense wat alles voortdurend met risiko bestuur.

Hulle is gewoonlik geneig om minder te waag. Daarom is daar dikwels ook so maklik konflik tussen hulle wat risiko bestuur en hulle wat met risiko bestuur. Een kan te bang wees en een kan te min bang wees.

‘n Mens moet risiko bestuur, maar jy moet dit nie so bestuur dat jy alle vooruitgang verhinder nie.

‘n Mens moet toeneem in fyn aanvoeling oor waar die balans tussen waag en risiko is. Die ander woord wat met hierdie tema saamgaan is die woord vertroue.

Wanneer ‘n mens ‘n ander mens, ‘n maatskappy, ‘n vriend, ‘n kennis, ‘n besigheidsvennoot en nog vertrou, dan is dit makliker om ‘n risiko-besluit te neem. Juis op grond van daardie vertroue.

As jy ‘n risiko in vertroue van ‘n ander neem, plaas jy jou risiko ook in die hand van ‘n ander. As ‘n mens in vertroue ‘n risiko neem moet ‘n mens ook kan aanvaar dat daar gevolge is wanneer daardie vertroue wel geskend word.

Wanneer jy ‘n berekende risiko in vertroue neem, kan jy teleurgestel word. Risiko, vertroue en gevolge gaan hand aan hand. Wanneer vertroue geskend word moet ‘n mens daarmee saamleef.

Soms beteken dit verlies en skade, soms beteken dit wantroue, soms beteken dit seer, soms beteken dit langdurige gevolge.

Waar risiko in vertroue wel positief is, voel ‘n mens veilig.

Daarom moet ‘n mens rustig dink oor wanneer jy risiko-besluite in vertroue neem.

Dinge werk nie altyd uit soos jy gehoop het nie. Bereken jou risiko’s, verantwoordelik, in vertroue en bestuur die gevolge.

  • LEES nog rubrieke en meningstukke hier en hier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article