Die toneel by Hopefield waar twee tienerseuns versmoor het. Foto: West Coast Medical Rescue
Die toneel by Hopefield waar twee tienerseuns versmoor het. Foto: West Coast Medical Rescue

HOPEFIELD – Twee tienerseuns het versmoor nadat ‘n sandhoop waarop hulle vanmiddag (2 Maart) gespeel het, inmekaargesak het.

‘n Derde tiener het net betyds weggespring en kon hulp gaan soek, maar die oorledenes kon nie betyds gered word nie.

Die voorval het in Duyneveldstraat plaasgevind.

Kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het bevestig dat seuns van 13 jaar oud en 15 jaar oud in die voorval gesterf het.

Hoewel verskeie nooddienste vinnig op die toneel was, kon daar niks vir die twee oorledenes gedoen word nie.

Die maat wat die voorval oorleef het, was ten tyde van die die skryf van dié berig, nog te geskok om ‘n verklaring aan die polisie af te lê. Hy het mediese behandeling vir skok ontvang.

Dit is ‘n groot skok vir die gemeenskap van Hopefield.

Die polisie is onverpoosd besig om die voorval te ondersoek, maar daar is nog geen duidelikheid oor presies wat gebeur het nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article