Johann Kotze van Wellington het R175 000 se skade gely na diefstal van 70 byekorwe op 7 Augustus.
Die Sanlam Boland Kavaliers het nóg ’n groot teenstander platgetrek en hulself gelyk bo-aan die Carling Curriebeker Premierafdeling-punteleer geplaas nadat hulle die Vodacom Bulle Sondag (17 Augustus) met 28–20 in…
Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek aangekondig dat hy eersdaags ook veiligheidskameras as deel van sy groeiende netwerk van kringtelevisiemonitering in ses prioriteitsgebiede in Paarl-Oos, Noorder- Paarl, Suider-Paarl en Wellington gaan aanbring.…
Wayne Wantza (42) het gister sy borgtogaansoek in die Wellington-landdroshof laat vaar ná ’n noodlottige skietvoorval. Die staat oorweeg ’n pleitooreenkoms terwyl ondersoekverslae, insluitend ballistiese toetse, nog uitstaande is.
‘n Opvoeder by die Wagenmakersvallei NGK Primêre Skool in Wellington is tydelik gekors en sal nou in ‘n tugverhoor moet verskyn te midde van bewerings dat hy seksueel suggestiewe briefies…
’n Polisiespeurder van Kleinvlei, Wayne Wantza, bly in aanhouding ná ’n skietvoorval wat glo spruit uit ’n liefdesdriehoek waarin een man dood is en ’n vrou ernstig gewond is.
’n Polisiespeurder is in hegtenis geneem ná ’n skietvoorval in Wellington waarin sy eksmeisie gewond en haar kêrel, Petrus Jacobs (49), noodlottig gewond is.
Die Drakenstein-munisipaliteit (DM) het met groot kommer gereageer op vandalisme by die gedenkmuur van die Wellington-begraafplaas. Veraste oorblyfsels is uit nisse verwyder en grafmonumente ernstig beskadig. In die voorval is…
Die Drakenstein-munisipale raad het Vrydag (27 Junie) eenparig gestem om drigende humanitêre hulp op twee plase buite Wellington te verleen. Dié plase val onder altesaam 14 plase in die Drakenstein-munisipale…
‘n 27-jarige pa van Weltevrede in Wellington het in ‘n skokkende voorval skuld beken op 646 kindermishandeling aanklagte teen hom.