Die afwesigheid van sterk wind en reën, wat met kouefronte gepaard gaan en gewoonlik die vog uit die atmosfeer “skoonvee”, is die rede vir mistige toestande op die paaie.
’n Hittegolf met uiters warm temperature duur in dele van Suid-Afrika voort, terwyl brandgevaarwaarskuwings vir verskeie Wes-Kaapse munisipaliteite geld.
‘n Hittegolf word vir die westelike en suidwestelike dele van die land voorspel, terwyl koeler temperature in die binneland en in die noordelike dele verwag word.
Inwoners van die sentrale streek van die land kan hulle gereedmaak vir lieflike herfsdae en, na verwagting, nog lekker reën.
Milde en wydverspreide reën val sedert die naweek oor groot dele van die Noord-Kaap.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n impakgebaseerde vlak twee waarskuwing uitgereik vir 31 Januarie weens ernstige donderstorms wat verwag word.