Die Drakenstein-munisipaliteit het vandeesweek aangekondig dat hy eersdaags ook veiligheidskameras as deel van sy groeiende netwerk van kringtelevisiemonitering in ses prioriteitsgebiede in Paarl-Oos, Noorder- Paarl, Suider-Paarl en Wellington gaan aanbring.…
Wayne Wantza (42) het gister sy borgtogaansoek in die Wellington-landdroshof laat vaar ná ’n noodlottige skietvoorval. Die staat oorweeg ’n pleitooreenkoms terwyl ondersoekverslae, insluitend ballistiese toetse, nog uitstaande is.
‘n Paarlse pa is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die herhaalde verkragting van sy dogter. Die misdade het plaasgevind toe sy tussen vier en ses jaar oud was.
Internetgebruikers en veral inwoners van Delft het die afgelope week die gek geskeer met die plaaslike polisie nadat ‘n skootrekenaar uit die polisiekantoor gesteel is. Die dief, geklee in ‘n…
Die gemoedere het Maandag (4 Augustus) hoog geloop in die Paarl-landdroshof toe gemeenskapslede hul ongelukkigheid geopper het ná een van die beskuldigdes in die Chanelle Plaatjies-moordsaak in die hof staan…
’n Polisiespeurder van Kleinvlei, Wayne Wantza, bly in aanhouding ná ’n skietvoorval wat glo spruit uit ’n liefdesdriehoek waarin een man dood is en ’n vrou ernstig gewond is.
’n Polisiespeurder is in hegtenis geneem ná ’n skietvoorval in Wellington waarin sy eksmeisie gewond en haar kêrel, Petrus Jacobs (49), noodlottig gewond is.
‘n 27-jarige pa van Weltevrede in Wellington het in ‘n skokkende voorval skuld beken op 646 kindermishandeling aanklagte teen hom.