Die KKNK staan gereed vir ’n feestelike mylpaalviering van 30 jaar van kunste, kultuur en kreatiwiteit.
Die getal afdelings vir vanjaar se Fiëstas is na 25 uitgebrei; dit dek alles op én agter die verhoog, en oor al die genres heen.
Met drie dekades van uitnemendheid, beloof die 30ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) van 2026 om Oudtshoorn se strate en teaters weereens met bekroonde produksies en geesdriftige kunstenaars te vul.
Die dertigste KKNK wat van 28 Maart tot 4 April op Oudtshoorn plaasvind belowe ‘n vol program vir feesgangers wat hul dors na goeie kuns sal les.
’n Diverse feesprogram wag op klassieke musiekliefhebbers by vanjaar se Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Dié fees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn word van Vrydag 8 tot…
