Die gewilde PPC Riebeek Bergmarathon is op Saterdag 29 Julie vir sy 35ste jaar aangebied. Weskus-distriksmunisipaliteit se uitvoerende burgemeester, raadsheer Boffie Strydom, het die 10 km-wedloop aangepak. Die distriksmunisipaliteit het in ’n verklaring gesê dat hy tesame met Weskus Toerisme “besef die groot impak wat sport- en rekreasie-aangeleenthede, soos die PPC Marathon, maak om die plaaslike ekonomie te groei”. Ervare atlete kon die 42,2 km- of die 21,1 km-roetes aandurf, terwyl die beginners of minder ervare drawwers die meer ontspannende 10 km- en 5 km-pretdraf / staproetes kon geniet. Ten spyte van nat- en koue weerstoestande het die wedloop 2 500 inskrywings gelok. Saam met Strydom is nog van die Weskus-distriksmunisipaliteit se ywerige drawwers Heinrich Robertson, Annamie Strydom en Hendrik Matthews. Foto: Weskus-distriksmunisipaliteit

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Weskus draf saam!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article