Die gr. 12-leerders van Wesbank Sekondêr, beter bekend as die Innovatrix-robotikaspan, was die naaswenners in vanjaar se nasionale byeenkoms van die First Tech Challenge-kompetisie. In die agterste ry (van links) staan Amelia Myburg, Yusrah Neelse, die afrigter Kelvin-Jean Fortuin, Weziwe Jantjies (onderkaptein), Mia Hardenberg, Aicha Thiam, Matthew Daniels, Mark Daniels, Charlton Welkom en Akehl Messias. Voor van links is Armele Myburg, Carrisa Paulsen, Finolia Aprilm (spankaptein), Riyaad Bowers en Phillip Stander, wat die robot bestuur het. Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Robotikaspan van Wesbank Sekondêr, Innovatrix, het ’n algehele tweede plek gedurende die First Tech Challenge (FCT) se nasionale byeenkoms verwerf, wat die afgelope naweek by die Parklands Kollege in Kaapstad plaasgevind het.

Hulle het ook met ’n bykomende trofee, die Motivate-trofee, weggestap.

Die gr. 12-leerders wat deel van die kodering -en robotikaprogram van hul skool is, het teen altesaam 32 spanne meegeding. Twee spanne het uit die buiteland gekom, terwyl ’n verdere agt spanne van Johannesburg ook aan die eindronde deelgeneem het.

Innovatrix se spanafrigter by Wesbank Sekondêr, Kelvin-Jean Fortuin, is as die afrigter van die jaar aangewys. Foto: Verskaf

Hulle is voorlopig in Julie vanjaar op pad na Texas om in die internasionale byeenkoms te gaan deel neem – dít nadat hul reis met hul robot Inno en die FTC-byeenkomste maar slegs in Oktober verlede jaar begin het.

Hul afrigter, mentor en onderwyser Kelvin-Jean Fortuin is op sy beurt ook as die afrigter van die jaar gekroon.

Fortuin se hart bons van trots en hy beskryf sy leerders as “ongelooflik”.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article