Nedbank en Old Mutual het onlangs ’n suksesvolle vroue-oggendtee by Het Vlock Casteel op Riebeek-Kasteel aangebied. Vroue van reg oor die Swartlandstreek is uitgenooi vir ’n deftige oggend waartydens elkeen behoorlik met ’n heerlike ontbyt bederf is. Gaste is deur Elsie Viljoen, ’n finansiële raadgewer van Nedbank, verwelkom. Viljoen het verlede jaar van Johannesburg na die Boland verhuis en ’n bederfoggend as ’n perfekte geleentheid beskryf om inwoners van die streek te ontmoet en beter te leer ken. Sy het ook gedurende die geleentheid voorgestel dié oggend kan moontlik ’n jaarlikse instelling word. Die reaksie was boonop positief. Daarna was Petrus Lourens, regsadviseur by Old Mutual, aan die beurt. Hy het gaste herinner aan hoe belangrik ’n aftreeplan is en ’n paar wyshede gedeel waaroor elkeen teenwoordig gewis meer oor sou nadink. Die gewilde motiveringspreker Lynette Beer het gaste daarna kom vermaak en talle wyshede gedeel. Van links staan Melinda Flaherty, makelaar-konsultant by Old Mutual, Elsie Viljoen, Lynette Beer en Danielle Dürr, ’n landbou-ekonoom by Nedbank. Foto: Charlotte Lesch


vroue baie gegee om oor na te dink

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article