Irvan Turner van die Hoërskool Swartland het onlangs sy Presidents­verkenning-eksamen geslaag. Dié eksamen is ’n hoogtepunt in alle Voortrekkers se skoolloopbaan. Kandidate beantwoord vrae oor, onder andere, sake van die dag, geskiedenis, gedenkwaardighede, kaartwerk, nasionale simbole, liedere, ekonomiese konsepte, waardes, persoonlikheid, ensovoorts. Kandidate moet talle kampe bywoon waar hulle die natuur eerstehands beleef, leer skuilings bou en noodhulp, leierskap, oorlewing en nog vele meer leer. Enigeen wat belangstel, kan Sunet de Jongh by sunetdejongh@gmail.com kontak.


voortrekker wen hoë prys

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article