Carla Cronje (middel) saam met Ohna Nel en Mia Louw van die VLV.Foto: Charlotte Lesch


Carla Cronje van die Thermal Health-sentrum het lede van die Malmesbury- Vroue Landbouvereniging (VLV) die afgelope Donderdag meer kom vertel oor ’n alternatiewe mediese behandeling, naamlik termiese skanderings, om risikofaktore vir onder meer kanker en ander siektes vroegtydig op te spoor.

Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland-munisipaliteit, het ook die geleentheid bygewoon om lede oor die presiese omstandighede rakende die Riverlands-ramp in te lig. Volgens hom is inwoners van Riverlands deur baie trauma nadat die walle van drie damme, geleë in die Stad Kaapstad se regsgebied, op 8 Augustus meegegee het. Scholtz het ook die gevolge van nalatige besluitneming deur die nasionale departement van water en sanitasie verduidelik nadat ’n vierde dam en boonop die grootste dam se water ook op 17 Augustus verdere chaos onder die reeds kwesbare gemeenskap van die landelike dorp in die Swartland veroorsaak het. Die vloedskade beloop na raming by die R50 miljoen terwyl ’n 107 huishoudings ook in die proses skade gely het “Dit is ’n ongelooflike taak wat Jo-Ann Krieger (direkteur: ontwikkelingsdienste) en haar span verrig het en steeds verrig om na die humanitêre sy van mense te kyk, vir mense blyplek te kry en vir mense kos te reël,” voeg Scholtz by. Scholtz het bygevoeg dat gesprekke deur organisasies/instansies aan die gang is wat bereid is om ’n moontlike massa-regsaksie namens die mense van Riverlands teen die staat in te stel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article