’n Man wat skuldig bevind is aan die verkragting en aanranding van ’n vrou in 2020 is onlangs tot 22 jaar tronkstraf gevonnis.

Yandisa Booi het op 18 Januarie 2020 ’n vrou, wat aan hom bekend was, teen haar sin op ’n plaas in die Riebeek-Kasteel-omgewing aangehou waar hy haar met ’n piksteel aangerand en verskeie kere verkrag het. Speurkonstabel Elmarco Martiens het suksesvol borg teengestaan en volgens lt.kol S.A. Beziek, die speurhoof van die Paarl se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, het deeglike ondersoek tot die suksesvolle vonnisoplegging gelei.

Booi is op 1 Julie in die Malmesbury-streekhof tot 22 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Beziek voer verder aan dat enige misdaad teen vroue en kinders nie geduld word nie en sê sy kantoor is altyd beskikbaar by 021 872 3546.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article