’n Onwettige vuurwapen en ammunisie is onlangs by ’n man gekry. Foto: Verskaf


’n Man is onlangs op waarskuwing vrygelaat nadat hy deur die Malmesbury-polisie met ’n onwettige vuurwapen betrap is.

Volgens sers. Henry du Randt, ’n woordvoerder van die Malmesbury-polisie, is die 26-jarige verdagte op 16 Mei vir die besit van ’n onwettige vuurwapen in hegtenis geneem. Die polisie het inligting oor ’n man wat met ’n vuurwapen by die plaaslike skrootwerf in Chatsworth gewaar is, ontvang.

Die polisie het met hul aankoms ’n verdagte, wat by die beskrywing gepas het, deursoek en op die onwettige vuurwapen en ammunisie afgekom.

Die verdagte het die volgende dag – Vrydag 17 Mei – in die Malmesbury-landdroshof verskyn en op ’n waarskuwing tot sy volgende hofverskyning vrygelaat. Sy volgende verskyningsdag is nog nie bekend nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article