Twee vragmotors het Donderdag  7 Desember op die N7-snelweg tussen Malmesbury en Moorreesburg gebots.

Die botsing het omstreeks 12:30 in die rigting van Moorreesburg gebeur.

Volgens die polisiewoordvoerder AO Nicolette Visagie het die bestuurder van die een vragmotor skielik voor die ander vragmotor tot stilstand gekom. Die tweede vragmotor kon weens sy swaar vrag nie betyds spoed verminder en tot stilstand kom nie.

Dié vragmotor het in die voorste vragmotor se sleepwa ingeploeg. Geen beserings is aangemeld nie. Die een baan in die rigting van Moorreesburg was tydelik vir verkeer gesluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article