Hettie Walters en haar dogter Tertia Bruwer. Foto: Johan Mulder
Hettie Walters en haar dogter Tertia Bruwer. Foto: Johan Mulder

‘n Wellington-boorling het ‘n uitsonderlike mylpaal behaal toe sy onlangs haar 105de verjaardag gevier het.

Hettie Walters, deesdae ‘n inwoner van Huis le Roux in Robertson, het hierdie besondere verjaardag op 5 Junie saam met een van haar twee dogters, Tertia Bruwer, gevier.

Volgens Amour Strydom, die bestuurder van Huis le Roux, is Walters (Malan) in 1920 op die plaas Groenfontein buite Wellington gebore. Sy was op Agter Groenfontein op skool.

Tannie Hettie het as haarkapster in die Paarl gewerk totdat sy in September 1945 met Wallie Walters getroud is. Die Walters-egpaar het in 1958 na Robertson getrek. Wallie is in 1993 oorlede.

Tannie Hettie het in Augustus 2008 by Huis le Roux ingetrek, waar sy steeds woon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article