Tydens die Okinawan Goju Ryu Karate (OGKK) nasionale toernooi, wat op 16 Julie by die Universiteit Stellenbosch gehou is, is RSA OGKK-kleure aan 20 lede van Swartland Dojo toegeken. Om vir nasionale kleure in aanmerking te kom, moes die deelnemers in drie van die moontlike vyf afdelings deelneem. Die deelnemers moes ook ’n goue of silwermedalje in twee van drie afdelings verower en minstens ’n bronsmedalje in die derde afdeling. Swartland Dojo is ook aangewys as die wenner (die meeste punte) van alle dojos wat deelgeneem het. Agter (van links) is Johannes van der Merwe (instrukteur: Moorreesburg), Chané Grobbelaar, Ané Kemp, Meacke Cloete, CJ van Rensburg, Layla de Lang, Emma Wynjeterp, Anja Styger, Tazmin Faro en Jeanne Steyn (instrukteur: Malmesbury en hoof van Swartland Dojo). Middel: Tinaisha Petersen, Zarah van Niekerk, Wilhelm Sadie, Zachary Kruger, Blake Kruger en Caitlyn Nuweland. Voor: Briony Petersen, Theart Taylor, Ruben Jordaan, Imran Gacheno, Le Roux van Zyl en Kay-Leigh Pietersen.


Swartland Dojo se karateka wen groot

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article