Dis weer tyd om jou vere reg te skud vir Malmesbury Sakekamer se gala-aand waar die dorp se top-diensverskaffers en die individu van die jaar jaarliks aangewys word. Laasgenoemde prys vereer iemand wie se dienslewering die meeste beïndruk het, soos mense wat vir hul kliënte die ekstra myl stap.

Dit sal op 21 Oktober die derde keer wees dat Malmesbury Sakekamer en Agri Malmesbury hierdie formele saamtrek saam in die stadsaal aanbied.

Vanjaar se tema is “Ons hou balle in die lug”, gegrond op die Kaapstadse jack russell-hondjie wat bekendheid verwerf het met ’n video waarin sy sokkerspeelvermoëns duisende Suid-Afrikaners beïndruk het.

Kaartjies kos R375 en gee jou toegang tot hierdie formele aand met ’n driegangete en musiek deur 10Rand50 (gaste word versoek om vooraf drie versoeke vir die speellys te gee). Kaartjies verkoop nou vinnig. Maak dus seker jy kry joune betyds by Salon de Bron of kontak info@sakekamer.co.za met jou navrae.

Aangesien balle die tema is, sal gaste ook die uitsending van die wêreldbekerrugby-halfeindstryd in die banketsaal kan kyk.. Het jy al vir Malmesbury se beste diensverskaffer gestem?

Die benoemingsproses is reeds gesluit en die tyd het aangebreek om te stem.

Stem by https://forms.gle/MUikiyV8YdywWxqF8 vir die dorp se diensverskaffer van die jaar 2023. Stemme sluit Vrydag 13 Oktober om middernag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article