Inskrywings is nou oop vir die 62ste weergawe van die ikoniese Bergrivier-kanomarathon van die Paarl na Velddrif, wat van 5 tot 8 Julie plaasvind.

Die 240 km lange vierdaagse epiese tog in die middel van die Kaapse winter, wat erken word as een van die moeilikste rivierroei-byeenkomste ter wêreld, is vir baie rivierroeiers ’n emmerskoplys-geleentheid.

Die organiseerders het bevestig die wedvaart sal by die Markstraat-brug in die Paarl begin. Vanjaar keer die roete terug na die tradisionele eersteskof-oornagplek by Zonquasdrift.

Die geleentheid bied roeiers afslag vir vroeë inskrywings tot 31 Mei, waarby ’n T-hemp en snuisterysakke ingesluit is.. Belangstellendes kan www.berg.org.za besoek vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article