Die voorlopers van die 2025-Bergrivier-kanomarathon vertrek Saterdag (5 Julie) op die finale roete van Zoutkloof na Velddrif.

Die voorlopers van die 2025-Bergrivier-kanomarathon vertrek Saterdag (5 Julie) op die finale roete van Zoutkloof na Velddrif. Ná die laaste 57 km roete het die 47-jarige Hank McGregor (mans) en 32-jarige Jenna Nisbett (vroue) die algehele oorwinning in die uitputtende vierdaagse uitdaging behaal. Vir die Kapenaar McGregor was dit sy 14de sege, terwyl Nisbett, van KwaZulu-Natal, haar tweede titel ná haar sukses in 2022 gewen het. In die mansafdeling het Robert Herreveld (tweede) en Siseko Ntondini (derde) die podium voltooi, terwyl die 2021-wenner Nix Birkett en Neriyah Dill onderskeidelik tweede en derde in die vroue-afdeling was. Die roeiers van oor die land heen moes stormweer en winderige toestande regdeur die marathon, wat as die "uiterste kano-wedvaart" bekend staan, trotseer. Oor die vier dae het hulle sowat 240 km van die Paarl af afgelê om die eindstreep Saterdag in Velddrif te bereik. Foto: John Hishin/Gameplan Media
Die voorlopers van die 2025-Bergrivier-kanomarathon vertrek Saterdag (5 Julie) op die finale roete van Zoutkloof na Velddrif. Ná die laaste 57 km roete het die 47-jarige Hank McGregor (mans) en 32-jarige Jenna Nisbett (vroue) die algehele oorwinning in die uitputtende vierdaagse uitdaging behaal. Vir die Kapenaar McGregor was dit sy 14de sege, terwyl Nisbett, van KwaZulu-Natal, haar tweede titel ná haar sukses in 2022 gewen het. In die mansafdeling het Robert Herreveld (tweede) en Siseko Ntondini (derde) die podium voltooi, terwyl die 2021-wenner Nix Birkett en Neriyah Dill onderskeidelik tweede en derde in die vroue-afdeling was. Die roeiers van oor die land heen moes stormweer en winderige toestande regdeur die marathon, wat as die “uiterste kano-wedvaart” bekend staan, trotseer. Oor die vier dae het hulle sowat 240 km van die Paarl af afgelê om die eindstreep Saterdag in Velddrif te bereik. Foto: John Hishin/Gameplan Media

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article