Die bestuur van die Swartland-skou, wat van 6 tot 9 September op die skouterrein in Moorreesburg sal plaasvind, nooi voornemende skougangers om hul splinternuwe webtuiste te gaan besoek.
Die Swartland-skou pronk vanjaar met ’n deftige en verbruikersvriendelike webtuiste. Die doel van die nuwe platform is om dit vir verbruikers so gerieflik en moeiteloos as moontlik te maak om inhoud te verkry.. Besoek die webtuiste by www.swartlandskou.co.za.


