Die skoolkoor van Goedehoop Primêr het verlede week die inwoners van die Goue Aar-tehuis vir bejaardes in Malmesbury met sang trakteer en bederfpakkies uitgedeel. Die koor, onder leiding van Maria Claassens, het die hart van die inwoners aangeraak en die trane het oor vele wange gevloei. Die projek is deel van die NG gemeente Swartland-Noord se jarelange uitreikprogram na hierdie plaasskool noordwes van Malmesbury. Foto: Christine van Zyl


Skool reik uit na bejaardes

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article