Sondagaand was twee van my familielede en twee van hul vriende in ’n motorbotsing op die pad tussen Hopefield en Malmesbury (R45) betrokke.
’n Aankomende motor het naby die Moorreesburg-afdraai reg van voor teen hulle gebots. Na bewering het ’n SA polisielid (wat nie aan diens was nie) kort tevore by my familielede verbygery en daarna die botsing gesien en hoor gebeur.
Hy kon dit geïgnoreer [en] verder gery het, maar hy het nie. Hy het omgedraai en hulp verleen, die kinders se ouers geskakel [en] ingelig van die ongeluk. Sodoende het hy vier jongmense se lewe gered. Hy kon ewe maklik nie omgedraai het nie met die houding van “not my problem”, maar hy het iets vir vreemdelinge gedoen.. Lesers wat dalk van die voorval bewus is, of weet wie hierdie polisiebeampte is wat nie aan diens was nie, maar tog hulp verleen het, kan met Swartland Gazette kontak maak by nuus@swartlandgazette.co.za
Die familie wil graag met hom kontak maak en hul dank betuig.


