Die dagga-laboratorium wat uit ’n motorhuis in Porterville bedryf is en waar meer as 2 000 daggaplante gevind is.

Credit: SYSTEM

Vier mans het verlede Dinsdag (28 Junie) in die Porterville-landdroshof verskyn nadat die polisie op ’n daggafabriek in Piet Retiefstraat toegeslaan het.

Dit volg nadat die Porterville-polisie Maandagaand omstreeks 22:20 inligting ontvang het en ’n soektog op die perseel van stapel gestuur is.

By verdere ondersoek het polisiebeamptes op ’n motorhuis afgekom wat in ’n laboratorium omgeskep is. Hier het hulle op altesaam 2 918 daggaplante afgekom en daarop beslag gelê.

Die totale straatwaarde moet nog bepaal word.

Die vier mans, onderskeidelik 50, 38, 37 en 34 jaar oud, staan tereg op aanklag van die onwettige kweek van dagga sonder ’n permit. Die ondersoek is oorgegee aan die eenheid teen georganiseerde misdaad in Kaapstad en nog aanklagte kan moontlik bygevoeg word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article