Plaatkoekies met ’n soet konfyt-middel – ’n perfekte bederf.
Bestanddele
2 koppies bruismeel
65 ml suiker
1 ml sout
5 ml vanieljegeursel
300 ml melk
1 eier
sonneblomolie vir braai
125 ml gemengdevrugte-konfyt
geklopte room – (liggies geklits), om voor te sit
Metode:
Sif die meel in ’n groot bak.
Voeg die suiker en die sout by.
Klits die vanieljegeursel, melk en eier saam.
Klits die melkmengsel by die droë bestanddele, klits tot ’n gladde dik beslag.
Laat die beslag vir 10 minute staan.
Verhit ’n bietjie olie in ’n pan oor medium hitte.
Gebruik ’n maatkoppie van 65 ml om die beslag op ’n pan te skep en vorm dit vinnig in ’n ronde vorm.
Skep 5 ml (1 teelepel) gemengde vrugtekonfyt in die middel en gebruik ’n teelepel om die konfyt met ekstra beslag te bedek.
Braai totdat die pannekoek borrels bo-op het, draai dit dan om en braai nog ’n minuut.
Herhaal met die oorblywende beslag en gemengdevrugte-konfyt.
Sit die pannekoeke warm voor met ’n bietjie room of verkoel en pak dit in kosblikke.
– Food24.com.





