Dis ’n soet lekkerny wat onmoontlik is om te weerstaan!
Bestanddele
500 g pampoen
1 koppie meel – gewone koekmeel
1 eier, geklits
1 teelepel bakpoeier
1 knippie sout
kaneelsuiker (opsioneel)
Metode:
Stoom die pampoen tot sag. Druk deeglik fyn en laat afkoel.
Meng die afgekoelde pampoen, meel, eier, bakpoeier en sout saam.
Voeg ’n druppel groente-olie in ’n kleefvrye pan.
Gebruik ’n stuk kombuispapier en smeer die olie liggies om die pan.
Skep eetlepels van die pampoenbeslag in die pan en braai oor matige hitte.
Draai die pampoenkoekies ná ’n paar minute om en druk liggies om die beslag effens uit te sprei.
Braai nog drie minute en draai weer om. Gee hulle nog ’n paar minute per kant.
Haal uit die pan en plaas op kombuispapier.
Strooi kaneelsuiker oor terwyl dit nog warm is (indien jy dit gebruik).
– Food24.com.





