Geen verdagtes is tot dusver weens die moord op Siyanda Rhetshe (27) in hegtenis geneem nie nadat hy sowat twee weke gelede gewelddadig deur lede van die plaaslike gemeenskap van Ilingelethu se informele nedersetting aangerand is.

Lede van die plaaslike polisie in Malmesbury is na die toneel in Ilingelethu ontbied waar inwoners die slagoffer aangerand het.

Die slagoffer is onmiddellik na die Swartland-hospitaal gehaas vir mediese behandeling kort nadat polisielede daarin geslaag het om by hom uit te kom.

Rhetshe het dieselfde aand nog weens die aard van sy beserings aan sy wonde beswyk.

Getuies beweer Rhetshe was deel van ’n bende wat glo inwoners van die gebied beroof het en dat inwoners self met hom wou afreken.

’n Klagte van moord word ondersoek.

Die polisie doen ’n beroep op inwoners om nie die reg in eie hande te neem nie, ongeag frustrasies weens gereelde misdaad in die gebied.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article