’n Monument voor die poskantoor in Malmesbury was byna toegegroei en is Saterdag (18 November) skoon en netjies gemaak.


Inwoners van Malmesbury en wat lid is van die plaaslike Afriforum-tak, het Saterdag (18 November) hul tuin- en ander gereedskap nader gehark om die dorp se monumente op te knap en netjies te maak.

Riaan Müller, die voorsitter van die plaaslike tak, wat in Junie vanjaar in Malmesbury geopen het, vertel monumente word landwyd opgeknap vir die bewaring daarvan. “Party monumente in Malmesbury bestaan al sedert die veertigerjare, maar word nie in stand gehou nie. Ons moet maar ons kultuur bewaar waar ons kan,” verduidelik hy. Volgens hom is die projek onlangs van stapel gestuur en is dit nog net die begin van monumente wat opgeknap gaan word.

Müller brei uit oor nog projekte waarmee Afriforum plaaslik besig is. “Ons steek maar die hand uit waar ons kan. Ledegeld gaan nie net hoofkantoor toe vir nasionale uitgawes nie – dit kom terug na die dorp of die buurt waar dit vandaan kom en word hier aangewend.”

Inwoners van Malmesbury spring in om monumente in Malmesbury ’n vars voorkoms te gee deur dit skoon en netjies te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article