Montagu-wynkelder was die tiende agtereenvolgende jaar die kampioenprodusentekelder by die Klein Karoo-streeksjongwynskou.
Verskeie produsente uit die Klein Karoo het met nuwe wyne van 2022 deelgeneem en die uitslae is op 18 Augustus by ’n geselligheid in Calitzdorp bekend gemaak.
Montagu se prestasies sluit in die kampioenwyn (kampioen droë witwyn, die kampioen colombar), die kampioen en reserwekampioen muskaat versterkte wyn, die kampioen droë rooiwyn (kampioen merlot), die kampioen ruby cabernet, die kampioen en reserwekampioen shiraz, die kampioen pinotage, die kampioen en reserwekampioen chenin blanc, die kampioen en reserwekampioen chardonnay, die reserwekampioen colombar, die reserwekampioen droë witwyn (kampioen sauvignon blanc) en die reserwekampioen sauvignon blanc, wat gedeel word met die kampioen- private kelder, De Krans-wynkelder.
De Krans het ook die reserwekampioenwyn (kampioen nie-muskaat versterk) en die reserwe kampioen nie-muskaat versterk opgelewer.
Die reserwekampioen-produsentekelder is Calitzdorp-wynkelder met die reserwekampioen droë rooiwyn (reserwekampioen merlot), reserwekampioen ruby cabernet asook die kampioen en reserwekampioen natuurlike soetwyn.
Jakkalsvlei is die reserwekampioen private kelder met die kampioen cabernet sauvignon.




