Twee verdagtes is Donderdag (25 Augustus) weens die besit van gesteelde eiendom in Wesbank, Malmesbury, in hegtenis geneem.

Sers. Henry du Randt, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het gesê lede van die polisie het omstreeks 12:00 ’n oproep ontvang van gemeenskapslede oor verdagtes wat vermoedelik in besit van gesteelde eiendom was.

“Die inligting het hulle na ’n adres in Bonekruidstraat gelei,” het du Randt verduidelik.

Volgens du Randt is twee verdagtes, onderskeidelik 29 en 34, by die adres met vermoedelik gesteelde kookware, klere en elektriese toestelle ter waarde van ongeveer R15 000 in hul besit betrap.

Du Randt het gesê dit het ná deeglike ondersoek aan die lig gekom die eiendom is tydens ’n huisroof vroeër die dag – omstreeks 04:30 – gesteel.

“Gelukkig het die slagoffer geen beserings in die rooftog opgedoen nie en die verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla word,” het Du Randt bygevoeg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article